Life is a Garden | South Africa |

    South Africa

Join Life is a Garden on Facebook

Around the home

Around the home

Around the home

Around the home

Around the home

Around the home

Around the home

Around the home

Around the home

Die kleur van romantiek

Die kleur van romantiek
Dit is vandag Valentynsdag! Skep 'n romantiese atmosfeer en verleen bekoorlike  sjarme en skoonheid aan jou tuin deur jou met rooi blomme en bloeisels te omgewe.

Wat is die kleure van romantiek? Elke persoon het kleure wat hul met romantiek asook die spesiale oomblikke in hul lewe assosieer. Sommige mag delikate pastelkleure verkies, maar die meeste mense verbind romanse met die ryk skakerings van rooi en karmosyn.

Die mees romantiese plek in die wêreld mag selfs in jou eie tuin wees waar donkerrooi rose 'n liefdeslied aan die bome fluister, 'n digterstuin waar 'n tuinboog verborge tussen geurige rose pronk of waar maanlig in die stil waters van 'n poel weerspieël word.

Heelwat blomme simboliseer liefde en romantiek deur hul geskiedenis, geur, blomtaal of kleur. Die lewe is 'n tuin waar romantiek deur hierdie plante versinnebeeld word: rooi rose - liefde, rooi kamelia - jy is 'n vlam in my hart, angeliere - verknogte liefde, dahlia - vir ewig joune, rooi angeliere - suiwere liefde, en celosia - het jy my lief?

'n Rooi tuin vir passie behoort versigtig beplan te word om in verhouding met die res van die tuin te wees. 'n Hegheining van immergroen struike soos rooi kamelias sal geskik wees, met 'n opening in die heg wat 'n mens 'n blik gee op die donkerkleurige blomme en 'n tuinbankie onder 'n blarekroon. 'n Sierpruim, Prunus 'Atropurpurea' of 'Nigra', of die persblarige vorm van die     houtappel Malus 'Lemoinei' sal by die kleurskema pas.

Onthou dat kleure in 'n tuin nie geïsoleer is nie en mag in verhouding tot ander kleure verander. Dit kan selfs verskil namate die intensiteit van die lig op verskillende tye van die dag verander. Die naasgroeiende plante van verskeie kleure sal mekaar ook beïnvloed en die algehele effek verdiep of verflou.

Idees vir plante

  • Struike en meerjariges: Callistemon 'Endeavour', rooi cestrum, rooi hibiskus, Berberis thunbergii 'Rose Glow', daglelies soos 'Red Ruffles' en 'Red Robe', rooi kanna.
  • Rooi rose: 'Belle Rouge', 'Black Madonna', 'Black Jade', 'Walter Sisulu', 'Grey College', 'Ingrid Bergman', 'Kathryn McGredy', 'Flame of Fantasy', 'Bles Bridges'
  • Opvulplante: bloedrooi leeubekkies (Antirrhinum spp.), skildblomme, Dianthus barbatus, salies, impatiens, begonias, jakobregops, petunias.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die romantiek van die roos. Kies 'Kathryn McGredy' vir 'n tuin wat passie weerspieel.

Die ryk kleur van Hemerocallis 'Ruby Stella' maak dit 'n ideale kandidaat vir die romantiese tuin.

Rooi kamelias simboleer aan jou geliefde dat hulle  die 'vlam van jou hart' is.

 

 
You are here: